‘n Man het sy lewe verloor.
Tussen verwronge staal is sy lewensvlam gedoof. Hy was ‘n polisieman aan diens. Iemand wat ons land kwalik kan bekostig om te verloor. Iemand wie sy familie kwalik kan beskostig om te verloor.
Terwyl ons ongeduldig in die verkeer sit en swets en met ons vingers op die stuurwiel trommel kom die verkeersverslag oor die radio. Ernstige ongeluk op Zambesi . . . polisieman dood is . . . ondersoek na oorsaak van die ongeluk reeds begin.
Al waaraan ek kan dink is of die ondersoek so gou geloods sou gewees het as dit die lid van die publiek was wat omgekom het en wat gebeur as die polisieman die skuldige blyk te wees. En terwyl ons verby die toneel kruip waar die laaste stukke van die wrakke opgelaai word kan ek nie help om te dink dat die beste manier om die nooddienste vinnig op die toneel te kry as jy in ‘n ongeluk was, is om met ‘n polisievoertuig of ‘n minister te bots.
‘n Man het sy lewe verloor, maar die eerste gedagtes wat by jou opkom is wantroue en suspisie. Het leef in hierdie land, in hierdie wêreld ons uitsig so verwronge gelaat dat gewone menslike empatie slegs ‘n nagedagte is?
Dit is om van siek te word. Tot kotsens toe siek.
‘n Man het sy lewe verloor. Gee iemand nog om?
PJ
Ek is nogal oortuig dat polisie vir mekaar uitkyk. Seker maar natuurlik ook.
Hulle sake, dode en gemors kry altyd voorrang bo alles. For that matter, as jy iets by die polisie wil aanmeld, help dit nogal as jy iemand in die polisie ken. Ongeag waar die tak is. Hulle kan polisie praat, sodat jy geholpe kom.
Haai nee. Ek dink daar is nog hope menslike empatie. Ek weet ek het, en ek’s geen engel nie.
Ek dink aan julle vir more.
Baie sterkte vir more, dink aan julle