Plasie en die LiefieLyfieWyfieding het ‘n kort roadtrip onderneem na die plaas van oorle Lang Willem Prinsloo en die se seun klein Lang Willem Prinsloo, oftewel die Willem Prinsloo landbou museum soos dit beter bekendstaan.

Afrikaner Os

Koeikraal

Bulkraal

Wilde weste

My tipe wa

Vaaljapie

My oom se motor (trekker) is 'n ou masjien . . .

Cat rules!

Uiters skaars windverwaaide rondekop huisdier. Hierdie een is makgemaak en LiefieLyfieWyfieding gedoop.

Pou bende siesta

Pou bende aan die beweeg

Moo!

Turksvyblom en heuningby

Haak rooies, vastrap vaaltyn!

Finale rusplek?
Dankie Lyfie, dit was fun. Volgende keer vat ons ‘n piekniekmandjie!
PJ
Dit lyk sooo lekker. Waar is die museum. Ek ♥ museums!
Net buite Pretoria oppad Cullinan se kant toe as jy met die N4 ry
Thanks!
Daardie Vaaljapie!!
Myse pappie het een van daai gehad PJ!
En LLWD – altyd gewonder HOE die vrou wat jou so mak hou vertoon!
Sterkte vir julle twee – dis lekker om te lees julle het iets besonders gaan doen.
PJ – Jy sal 100 wees
O my heiden! Lag ek nou vir daai ‘rondekop huisdier’!! Ek hoop van harte jy is getugtig vir so onbesonne uitlating!
Dankie, nou weet ek ook hoe dit daar lyk. Baie mooi. Is dit nie daar waar hulle mampoer maak nie?
Ek is kwytgeskeld vir die rondekop huisdier op voorwaarde dat ek genoemde huisdier komende naweek bosveld toe neem.
Vir die neem en plaas van die foto staan ek nog in die beskuldigdebank. Ek vermoed daai straf gaan effens swaarder wees as net ‘n wegbreek naweek by die mineraalbronne.
Ja, ek weet nou nie van die maak nie, maar die jaarlikse mampoerfees word daar gehou en ‘n mens kan van die voggies by die winkeltjie koop.
Jinne Plasie, neem jy my nou terug… Ek was as kind vreeslik baie daar gewees.
Sexy blond daai, wat jy soskaamteloos as huisdier doop! Tierkat more laaikit?
Sulke uitstappies doen ‘n mens altyd goed… ek reken dit het baie met sonlig te doen.
Tierkat? Nee wat, jy moet net die regte kant kies. Engelmens more like it
Neeeeeeeeeee….. Tierkat soos in erm…. jinne kan nou nie hier verduidelik nie…. DINK MOOI!
Ons praat nie daaroor nie
Tsk. Vandag se kinders het ook net een ding oppie brein…
Ons praat nog van kussinggevegte né?
Jip Plasie… Daai gevegte waar die vere sommer so uit die kussings spat!
Laat die vere waai … kussinggevegte; teer en veer; stil veerval-oomblikke – ‘n kilogram vere is soveel meer en warmer as ‘n kilogram probleme, ja.
Gits, DANKE SCHON und vielen dank, Buurman, vir daardie skrapse wys van Ding se gewete – Ding het al amper onthou hoe sy lyk. Is maande sedert ons mekaar in die oge geloer het, ja?
Is goed dat julle sulke herinneringe bou – sou Ding sommer skooooon groen kon maak. Sien, Ding het nog altyd gesê Ding wil eendag soos julle wees wanneer Ding groot is – ook so ‘n verhouding hê … Buurman, dalk is Ding groot nou
Net nog: Ding het ‘n kalfie ryker geword – het ‘n haaslippie en moet nou bottelbaba wees. Kalfie het met vier wit sokkietjies die wêreld binnegehuppel, maar oor die haaslippie en bottelbaba heet die nuutste toevoeging nou Skonkie, hehe. Fokkit, ek is so trots op die klein snuiter!
Grondgroete
Buurman ja. Tyd vlieg en daar is baie water onderdeur die brug sedert ons laaskeer gesien het. Onder andere Ding se grootraak . . . en ja ek dink Buurman is nou flussies groot. Pas haar mooi op.
Die kaller moe’ jy maar in die voorhuis toesluit snags. As die een in daai skrapsfoto van Skonkie te hore kom mag sy hom dalk net by jou kom afrokkel. Ek sidder vir die dag as ek my regte Plasie kry, ek gaan waarskynlik honderde troeteldiere en gee vee hê nie
Tyd vlieg inderdaad, maar so hier en daar val ‘n veer darem van die tyd se vlerke af, ja.
Mmmm… Ding is trots op Ding se grootword, MAN! Staan nog telkens in verwondering – te groots om te praat daaroor, bloedeerlik nou. Dis net so WOW. Diep nederig dankbaar en stilverstom. Is mos so – dink maar wanneer jy so nou en dan vir jou beterste kyk, hmm? So van: regtig hierdie alles vir MY? Fffffokkit!
Dankie, Buurman – daai beteken vir my baie. Ek pas haar op; sy sê ek doen sover darem mooi. Sal seker dae kom wat dit minder mooi is, want altyd is lank en nog steeds te kort en ek is maar net mens, maar nooit nie sal dit aspris nie mooi wees nie.
Kan nie wag om my kalfie te sien nie. Smaak my sommer ek los alles en spring in Rebel en loop kyk hoe lyk die klein stront – stel jou voor: ‘n bees met ‘n haaslippie!
Dankie vir jou vriendskap.
Haai oom Plasie, maar dis darim maar mooi kiekies wat jy vat! Ek dink daai Afrikanirbul se horings sal mooi op Bees pas, dink jy nie ook so nie?
Ons het ook so ‘n woesti bul op ons plaas . . . . sy naam is Bliksem. Partykeer noem my pa hom annir name as hy bal horig is, maar ek mag dit nie sê nie annirs gaan ek pak kry. (Is baia lelik!) Hy stamp so mettie kop . . . en hy kry nie eers seer nie!
Die voto van die kalfiekie/besie is baia oulik. Ekke het ôk eni, haar naam is Kolli. Issit nie oulik nie? Ek hou baia van drikkies ytdeel vir die beeste en die skapi en allis wat stilstaan virri drikkie.
Ek hou nie van hoennirs nie. En ôk nie van gansi en makoui nie.